Syferslim
COVID-19 Inligting

COVID-19 Inligting

[vc_row][vc_column][vc_custom_heading text=”COVID-19 Maatreëls” font_container=”tag:h1|text_align:left”][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_column_text]Die onderstaande maatreëls en reëls gaan geld met klasbywoning, indien ek voel dit word nie nagekom nie gaan ek ongelukkig u as ouer skakel om dadelik u kind te kom haal. Ek dra elke maat en huisgesin se belange en gesondheid op my hart en so ook die van my man en dogtertjie. Ek vra dat u asb al die reëls en maatreëls mooi sal deurwerk en so ook met u kind/kinders.

1. Elke leerder moet met ‘n vorm van ‘n masker klas toe kom, Juffrou het ook ene aan.

2. Elke maat mag eie ‘sanitizer’ bring, maar elke maat se hande word met die in en uitstap gespuit.

3. Tussen klasse word al die oppervlaktes eers afgevee sodat maats ook met geruste hartjies inkom.

4. Ek het 2 tafels in die huis wat ek gaan gebruik (maats ken hulle goed) My klasse wissel tussen 4/5 maats per uur en ek het goed gedink om maats te versprei oor die 2 tafels dat hulle 1-2 meter uit mekaar sit.

5. Ek verskaf in hierdie volgende paar maande GEEN skryfbehoetes. ( my boks soos maats dit ken) Elke maat bring sy/haar eie pennesakkie en benodighede ook boeke ens, niks word oor en weer geleen asb.

6. Ek vra dat ouers stiptelik sal wees met op en aflaai van kinders,sodat ek kontrole kan uitoefen oor maats wat in en uit beweeg by die hek. Ek vra ook dat ouers asb nie voor,tydens en na die klasse sal oor en weer kuier in karre nie. Dus slegs karre voor my huis met op en aflaai. Ek verkies dat maats in die karre klim en by die huis kom – so verseker ek dat ouers nie onnodig blootgestel word nie. Kommunikasie met my via my foon is die beste opsie omdat ek nie voor en na klasse beskikbaar gaan wees nie, ek wil die heletyd by my kinders wees.

7. Indien u kind siek voel of olik is vra ek om asb nie u kind klas toe te stuur nie,asook as u as ouer siek is of Covid het.

Daar is altyd ‘n plan of ‘n opvangklas, maar ek vra dat u verantwoordelik sal optree in die verband en die ander maats en my eie huisgesin sal respekteer. Indien ek sien ‘n kind is siek word u onmiddelik gebel en u kind word verwyder uit die klas.[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row][vc_row][vc_column][vc_btn title=”COVID-19 Vorm” color=”success” link=”url:https%3A%2F%2Fwww.syferslim.co.za%2Fcovid-19-vraelys%2F|title:COVID-19%20Vraelys||”][/vc_column][/vc_row]