[vc_row][vc_column width=”1/2″][vc_column_text]Wiskunde is en bly maar ‘n uitdaging in vandag se onderwyssisteem. Individuele aandag in die klasse en die tempo van die werk raak met tye kinders se baas. Dit is egter so belangrik om die ‘wiskunde boublokke’ mooi op mekaar te bou en nie erens een te verloor nie. Dit is waar my passie inkom. Kinders se selfvertroue en gemoedstoestand rondom wiskunde en toetse is waarop ek fokus en dan eers begin die fisiese wiskundige werk.
Dit is ook belangrik om die leerder te help waar hy/sy tans n struikelblok ervaar en om ook terug te gaan waar n ‘boublok’ verlore geraak het . My visie is om ‘n glimlag terug te sit op u kind se gesig en ook vir u gemoedsrus te gee wat Wiskunde betref.[/vc_column_text][/vc_column][vc_column width=”1/2″][vc_single_image image=”24″ img_size=”medium” alignment=”center”][/vc_column][/vc_row]
